BHSCTLogo.png

OXIMETER

Gebruiksaanwysings vir Oksimeter

(Masimo RAD-97 )

rad97afrikaanstranslation.jpg
Pic1.png

Instructions

1. Koppel die kragtoevoer aan die agterkant van die monitor en skakel die krag aan by die kontaksok. Koppel die pasiënt se kabel aan die monitor via die poort (verw. 1.) en verbind die pasiënt se sensor aan die eindpunt van die pasiënt se kabel.

2. Skakel ‘AAN’ deur te druk op tuis/krag onderaan die skerm.

3. Die masjien sal aanskakel en ’n selftoets uitvoer.  Wanneer dit voltooi is sal die skerm leeg vertoon omdat dit gestel is na slaapmodus, maar die kragliggie sal aan wees. - Die sensorliggie wat aan die kind verbind word moet ROOI gloei. 

Finger.png

4. Verbind die rooi liggie aan die naelbed van die ringvinger (Verw. 4a) of groottoon (Verw. 4b). en draai dit vas met kleefpleister.   Vir babas sal dit dalk nodig wees om die sensor om die voet te bind: verwys na die verbindingspunte!

As dit aan die ringvinger van die minder dominante hand geplaas word, voer die kabel op deur die been van die nagklere se broek, hemp en dan by die arm af om die kabel te beveilig - verseker hierdeur dat geen los kabel om die NEK gedraai kan word nie!!

As die probe op die toon geplaas word, beveilig die kabel liggies, sodat daar net genoeg draad is vir ’n kind om die voet te beweeg.  Trek ’n sokkie oor die voet om te verhinder dat die probe afval!

Maak seker dat die kabel eerder afwaarts weg van die kop af gevoer word as opwaarts na die kop toe!

Skuif die monitor weg van die bed af indien nodig om te verseker dat daar nie baie los kabel is nie.

 (As die kind onseker is of u dink nie tegemoetkomend is nie, laat die kind soos gewoonlijk aan die slaap raak en plaas die probe aan die toonnael na 1 uur.  Trek ’n sokkie oor die voet om die kans dat die probe sal loskom te verminder - Bevestig dit voordat u bed toe gaan en deur die loop van die nag)

Figure4.png

5. Bevestig dat die sensor behoorlik opneem. Raak die vertoonskerm, dit veroorsaak dat dit vir 10 sek. verlig sodat u kan bevestig dat die Pi-lesing hoër as 1 is - u moet dalk ’n alternatieve verbindingspunt gebruik as die Pi laer as 1 is.

Enige ander probleem sal op die tuisskerm vertoon word.

6. Oksimeter sal oornag opneem.

7. Skakel ‘AF’ soggens deur die kragknoppie in te hou.  Verwyder sensor en vervang plastiese rugstuk vir hergebruik die volgende aand.

8. As ander monitors gebruik word in die kind se slaaproetine, moet hulle ook soos gewoonlik gekoppel word.  Die HOORBARE Alarms is na die ‘AF’ posisie gestel en die masjien sal in slaapmodus wees om slaap moontlik te maak.

9. Voltooi die slaap-logboek wat voorsien is en as u kind vir ’n verlengde tydperk wakker is, ontkoppel die sensor maar los die masjien aan, sodat wanneer u kind aan die slaap raak, u die sensor aan die masjien kan verbind.

homescreengraphic.png

Terugbesorging van die Oksimeter: gebruik die alkohollappies wat voorsien is om die pasiënt se kabel, oksimeter en die kragleiding skoon te vee.

Dit is belangrik dat die masjien teruggegee word op die dag en tyd wat ooreengekom is omdat die masjien vir ander pasiënte bespreek is. As daar probleme opduik, skakel die Respiratoriese Ondersoek Laboratorium op 028 96151629. Laat ’n stemboodskap en ’n staflid sal u so gou as moontlik kontak Maandag – Vrydag, 8.30vm. to 4.30nm.